“As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy …” (vers 26)

Ons lees en luister selektief. Ons sien en hoor wat ons wíl hoor en filter die res uit. Ons doen dit op talle terreine, en ongelukkig ook met Jesus se woorde. Ons hoor baie goed dat Jesus sê almal wat moeg en oorlaai is, sal by Hom rus kry (Matt 11:28), en Jesus se woord dat Hy dié wat na Hom toe kom, nooit sal uitwerp nie (Joh 6:37).
Jesus se uitnodigings en beloftes is vir ons kosbaar, en dis reg so. Maar ons is nie so goed daarmee om sy aansprake te hoor of die eise van dissipelskap (vers 26-33) te aanvaar nie. Kyk weer wat Jesus sê:
∙ Hy moet belangriker wees as enige ander persoon en selfs as jou eie lewe (vers 26).
∙ Navolging beteken dat jy jou kruis moet dra en offers bring (vers 27).
∙ Jy volg Hom, wel wetende wat dit van jou gaan verg (vers 28-32). ’n “Happy-go-lucky” volgeling wat nie die erns van die eise besef nie, gaan dit nie maak nie.
∙ Jou besittings mag nie tussen jou en heelhartige navolging staan nie (vers 33).
Dalk is dit tyd om voorraad op te neem?

image_pdfimage_print

Views: 14

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.