Hier volg besonderhede uit die familiegeskiedenis van Esau, dit is Edom. (vers 1)

Omdat die Ou Testament hoofsaaklik konsentreer op die Israeliete, die nageslag van Jakob, en Jesus óók uit hierdie geslagslyn gebore is, is ’n mens geneig om te dink dat Esau ’n slegte ou was. Dié beoordeling kan nie na die Genesis-verhaal teruggevoer word nie. Net twee negatiewe dinge word van Esau gesê: dat hy sy eersgeboortereg vir ’n pot lensiesop verkwansel het (Gen 25:34), en dat hy met Kanaänitiese meisies getrou het (Gen 26:35). Maar die lensiesop-episode is meer Jakob se skuld as Esau s’n. En oor die Kanaänitiese meisies – uiteindelik het Jakob se seuns almal met Kanaäniete getrou (behalwe Josef wat ’n Egiptiese vrou gehad het). Om die waarheid te sê, Esau word beter as Jakob geteken. Sy volle geslagsregister word opgeneem omdat die Bybel hom as ’n belangrike figuur beskou het.

Die feit dat Jakob, en nie Esau nie, uiteindelik die uitverkore seun van Isak was, kan nie na die twee broers se karakter teruggevoer word nie, want dan moes God Esau gekies het. Maar God kies nie soos ons nie. Hy kan selfs van iemand soos Jakob ’n instrument maak.

God kan jou ook gebruik! Dis die evangelie.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.