Die mense vertel self hoe julle ons ontvang het en hoe julle julle van die afgode tot God bekeer het en nou die lewende en ware God dien … (1 Thes 1:9)

Paulus en Silas se besoek aan Tessalonika was nie langer as ’n maand nie. Toe het die Jode gesorg dat hulle in die nag uit die stad moes vlug (Hand 17:1-10). En tog het hy in dié kort tydjie ’n gemeente gevestig wat in noue kontak met hom gebly het. Twee gemeentelede, Aristargos en Sekundus, was selfs onder die groep wat Paulus met die dankoffers na Jerusalem vergesel het (Hand 20:4).
Paulus herinner hulle aan die moeilike omstandighede waarin hulle tot geloof gekom het (vers 6). Só kragtig was hulle geloofslewe dat al die gelowiges in Masedonië en Agaje (dws die hele Griekeland) van hulle geloof gehoor het.
Mense se verskoning is dikwels dat hulle nie genoeg kennis het om voluit vir die Here te leef of ’n leiersposisie in die gemeente kan aanvaar nie. Die Tessalonisense beskaam ons, want geen verskonings kon hulle keer nie. Jy hoef nie die Bybel van voor tot agter te ken nie (dit sal bykom soos jou geloof groei). Die vraag is of jy die Here liefhet en Hom met blydskap dien.

image_pdfimage_print

Views: 5

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.