Toe sê Israel vir Josef: “Ek gaan binnekort sterf, maar God sal by julle wees. Hy sal julle terugbring in die land van julle voorvaders.” (vers 21)

Josef het in Egipte die kruin bereik. Hy was voorspoedig, magtig, suksesvol, en baie welvarend. In vergelyking met die weelde en status wat hy in Egipte geniet het, was dít wat Kanaän gebied het, maar karig. In sy afskeidswoorde herinner Jakob hom egter daaraan dat aardse rykdom en voorspoed nie opweeg teen die seëninge wat God gee nie. Hulle toekoms lê nie in Egipte met al sy weelde nie, maar in die land van God se belofte.

Die suigkrag van die wêreld dwing voortdurend om ons oë van God en sy sorg weg te trek. Dis wat Satan ook probeer het toe hy die Here Jesus in die woestyn versoek het. Jesus se antwoord in Matt 4:4 sluit aan by wat Jakob vir Josef gesê het: “’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.”

Ons mag nie burgers van die wêreld word nie; ons bly vreemdelinge hier op aarde (Gen 47:9) wat ander prioriteite het.

image_pdfimage_print

Views: 9

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.