Al julle volke, klap julle hande; juig tot eer van God met ’n jubelende stem, want aan die Here, die Allerhoogste, kom eerbied toe; Hy is die Groot Koning oor die hele aarde. (vers 2-3)

Enige iemand wat al op ’n sportstadion gesit het, sal weet hoe oorweldigend ’n skare se applous kan wees. Daar is ontsaglike krag in die kollektiewe stem van ’n skare.

In Psalm 47 word al die volke van die aarde opgeroep om hande te klap en voor God te juig. Daarmee herinner die digter ons daaraan dat God nie net oor sy uitverkorenes regeer nie. Hy is Heer oor die ganse aarde.

Dink net hoe oorverdowend dit kan wees as alle volke God saam toejuig! Net God verdien só ’n magtige jubeling, want Hy is die Groot Koning wat oor die hele aarde regeer. Eendag in die hemel sal ons ons nie net só ’n loflied hoef in te dink nie. Ons sal inderdaad aan dié lof deelneem (Openb 5:13)!

Intussen mag ons nie met toe monde sit en wag op die ewigheid nie. Ons word nou al opgeroep om voor God te jubel en Hom te eer. Ons mag nie tans in die eredienste sing nie, maar ons kan Hom met ons lewens prys. Doen dit vandag!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.