Ek sal U altyd loof vir wat U gedoen het. Voor u dienaars sal ek u Naam prys, want U is goed. (vers 11)

Ons lewe in ’n wêreld waarin nie almal goeie bedoelings het nie. Doëg, na wie die psalm in die opskrif verwys, was so ’n man. (Jy kan meer oor hom en wat hy gedoen het, lees in 1 Sam 22:6-18). Dat hy boonop spog oor wat hy gedoen het, laat ’n mens se hare rys.

So gaan dit met mense wat ver van God af lewe. Hulle het geen eksterne maatstaf (soos ons wat die Bybel het) nie, maak soos hulle wil en klop hulleself op die skouer. Ons sien dit in ons land ook, waar ons daagliks met nóg berigte van korrupsie, diefstal, verkragting en moord gepeper word. Uiteindelik, sê Dawid, sal God met sulke mense afreken (vers 7).

Vir ’n gelowige is daar ’n ander uitweg. Ons staan daarop dat die Here vir ons sorg (vers 3 en 10). In ’n wêreld waarin onreg botvier, is dit ons groot troos. Daarom kan ek en jy die Here se Naam prys, want Hy is goed (vers 11).

image_pdfimage_print

Views: 2

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.