Die mense van Nineve het toe in God geglo en hulle het ’n dag aangekondig om te vas. Groot en klein het rouklere aangetrek. (vers 5)

God was nog nie klaar met sy onwillige profeet nie. Skaars is sy klere droog en weer skoon ná sy rit in die vis se maag, of God herhaal sy opdrag. En hierdie keer gaan Jona sonder om jakkalsdraaie te maak. Hy het geleer dat as God iets van jou vra, gaan jy nie loskom nie. As die Here jou wil gebruik, sál Hy, al moet Hy jou met ‘n storm voorkeer en ’n spesiale vis stuur om jou op droë grond te kry.

Jona se onlustige preek was seker die kortste preek ooit: “Nog net veertig dae en Nineve word verwoes!”

Hierdie is sowaar ’n verhaal waar die rolle op sy kop gekeer is. Op die skip word die matrose baie beter geteken as Jona. En Nineve reageer totaal anders as wat ’n mens sou verwag. Tot die koning neem deel aan die berou!

Jona moes nie die hele stad persoonlik gaan bekeer nie; dit was God se werk. Hy moes net ’n gehoorsame werktuig in God se hand wees, en die res aan God oorlaat. Dís wat God van ons ook vra.

image_pdfimage_print

Views: 101

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.