by Jaco Thom | 4 Okt 2020 | Lees die Bybel saam met my, Miga
Wie is ’n God soos U? (vers 18) Te midde van ’n see van ongeloof en spotters, bly Miga rotsvas glo: “Maar ek sal vertrou op die Here,” hou hy vol (vers 7). Wanneer alles om jou verkeerd is en mense spottend vra waar is die God op Wie jy hoop, is dit juis die tyd om...
by Jaco Thom | 3 Okt 2020 | Lees die Bybel saam met my, Miga
Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. (vers 8) Kyk ’n mens terug op jou lewenspad, is daar baie dinge waar jy die hand van die Here kan...
by Jaco Thom | 2 Okt 2020 | Lees die Bybel saam met my, Miga
Hy sal vrede bring. (vers 4) Ons weet vandag wie die Een is van wie Miga profeteer: die Here Jesus. Matteus (2:6) haal dié voorspelling aan wanneer hy skryf oor die geboorte van Jesus in Betlehem. Jesus is die Vredevors (Jes 9:5) wat in ’n wêreld waar alles deurmekaar...
by Jaco Thom | 1 Okt 2020 | Lees die Bybel saam met my, Miga
Elke man sal onder sy eie wingerd sit, ongesteurd onder sy vyeboom. Die Here die Almagtige het dit gesê. (vers 4) Hierdie profesie kom uit ’n tyd toe die al slegter met Juda gegaan het. Die skrif was eintlik al teen die muur. Miga bevestig dit in vers 14. Oral is die...
by Jaco Thom | 30 Sep 2020 | Lees die Bybel saam met my, Miga
Ek, daarenteen, het baie krag, ek het die Gees van die Here, ’n sin vir reg en die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak, aan Israel sy oortreding. (vers 8) In ’n omgewing waar onreg, korrupsie en immoraliteit aan die orde van die dag is, waar leiers omgekoop word...
by Jaco Thom | 29 Sep 2020 | Lees die Bybel saam met my, Miga
Ek sal julle almal bymekaarmaak, Jakob, Ek sal dié vergader wat van Israel oorgebly het … (vers 12) Ons het hier met ’n debat tussen Miga en die vals profete te make. In verse 1-5 lewer Miga ’n striemende aanval op die maghebbers en sakelui wat die reg vertrap...