Jakob het toe jong lote van populiere, amandels en plataanbome gevat en stroke daarvan afgeskil sodat daar wit strepe op die lote was. (vers 37)

In die Nabye Ooste is bokke gewoonlik swart of bruin en skape wit. Bont skape en bokke was die uitsondering en so ook swart skape. Jakob se voorstel was dus vir sy skoonpa baie aantreklik. Maar Laban was geensins van plan om vir Jakob ’n billike vergoeding te gee nie, en haal al die vee wat aan Jakob bont of gestreepte lammers kon gee, by voorbaat uit die kudde. Hy glo dat wit skape en bruin en swart bokke nie bont lammers sal oplewer nie.

Jakob se plan met die bont latte was ’n stuk bygeloof, maar hy was ook kundig genoeg oor veeteelt om te weet watter diere vir hom sterk lammers sal oplewer. Hy het ook die vee teen dié tyd goed genoeg geken om te kon voorspel watter ramme en ooie vir hom bont lammers sou gee.

Uiteindelik was dit natuurlik nie net sy slim teelprogram nie, maar veral die Here se seën wat vir hom ’n groot kudde gegee het (vgl Gen 31:9).

Hou dus moed as die wêreld sy klappe uitdeel. God sal vir jou sorg.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.