… die vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir haar ’n plek gereed gemaak het … (vers 6)

Op 12 vertel die verhaal van ’n vrou – God se volk op aarde – wat ’n seun in die wêreld gebring het: Jesus Christus. Intussen het daar oorlog in die hemel uitgebreek tussen Migael en sy engele, en die draak en sy engele. Die draak – Satan – word verslaan en uit die hemel uitgeskop, en nou sit hy sy oorlog op aarde voort. Sy eerste teiken was hierdie Seun, maar toe hy die Seun nie kon verslind nie, wend die draak hom in al sy woede tot die vrou, dit wil sê die kerk.

Om haar te beskerm maak God vir haar ’n plek gereed in die woestyn. Die woestyn herinner ons aan die tyd toe die Israeliete uit Egipte gevlug het. Die woestynlewe was ’n lewe van eenvoud, in afhanklikheid van God.

Dis waarheen God die gelowiges (ons) stuur. Daar, weg van die prag en praal, weg van die suigkrag van die materialisme, moet ons skuil teen die aanslae van die draak, want daar is ons veilig van die duiwel en sy lis.

God is tuis by gelowiges wat ’n woestynbestaan voer, in eenvoud lewe, soos Jesus geleef het.

image_pdfimage_print

Views: 28

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.