Sy het die seuntjie daarin neergelê en dit tussen die riete aan die kant van die Nyl gesit. (vers 3b)

Moses se verhaal begin by gelowiges ouers wat die farao se plan gefnuik het. Of liewer, dit begin by God wat in haglike omstandighede sy reddingsplan in werking stel deur Jogebed (Moses se ma) se waagmoedige plan. En so word Moses ’n kind in die Egiptiese paleis, waar hy die beste moontlike opleiding ontvang in politieke wetenskap, lees- en skryfkuns, oorlogkunde en staatsadministrasie – alles kundigheid wat hy later nodig sou hê om die Israeliete van ’n slawevolk na ’n selfstandige nasie te lei.

En daar gaan Moses en verongeluk dié plan so byna-byna deur sy impulsiewe optrede. Sý manier om sy mense te help (deur die slawedrywer te vermoor, vers 12) maak van hom ’n balling. Dit sou nóg veertig jaar wees voordat God hom uiteindelik kon gebruik om die leier van sy volk te word.

Gelukkig kan ek en jy nie God se beplanning verongeluk nie. Daarom lees ons weer van Moses in hoofstuk 3, waar God hom voorkeer en terugstuur na Egipte. Dit gee ons nie ’n rede om roekeloos te leef nie, maar as ons voete gly, weet dan alles is nie verlore nie. God is getrou!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.