So het die Here vir my gesê: Ek sal rustig uit my woonplek ondertoe kyk, ongestoord soos die hittegolwe op ’n warm dag, soos ’n miswolk in die somerhitte. (vers 4)

Jesaja vertel aan die begin van dié hoofstuk hoe die mense van Kus (Etiopië) rondskarrel om bondgenote te kry teen die Assiriese bedreiging (vers 1-2). In skrille kontras hiermee klink die gerusstellende stem van die Here op (vers 4). Te midde van aardse gewoel is God rustig in sy woonplek, ongestoord en kalm. Ons kry hierdie selfde boodskap in Psalm 2, waar die volke rusteloos is en planne smee, maar Hy wat in die hemel sit, lag hulle uit.
God sal self op die regte tyd met die Assiriërs afreken (vers 5-6); daarvan vertel Jesaja ons in Jes 37:36. Dan sal die Etiopiërs met geskenke na Jerusalem kom en hulle aan die Here die Almagtige onderwerp (vers 7).
Dalk skarrel jy ook soos die Etiopiërs van Jesaja 18 angstig rond en beraam koorsagtig planne om jou situasie te beredder. Kyk dan op na Hom wat op sy troon sit in soewereine beheer van ook jóú situasie, en vind jou rus in Hom. Op die regte tyd sál Hy jou help.

image_pdfimage_print

Views: 54

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.