Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.” (vers 14)

’n Naam in die Ou Testament kultuur was meer as net ’n noemer. Dit het iets vertel van die persoon wat die naam dra. Daarom was hierdie ’n belangrike oomblik in God se pad met Moses, want met sy Naam het Hy meer gesê as wat ons vandag in ’n naam hoor.

Die Naam wat God vir Moses gee, is vir ons vreemd, maar dit is veelseggend, swaargelaai aan betekenis.

“Ek is” beteken dat God altyd daar is en sal wees, die steeds Teenwoordige. Waar jy ook al gaan, waarin jy jou ook al begeef, watter nood jou tref – God is daar. Dit bely Dawid so ongelooflik mooi in Psalm 139.

“Ek bly getrou aan Myself,” moet ons ook in die Naam hoor. Soos wat God in die verlede was, so is Hy nou nog en sal Hy altyd wees.

God se Naam is ’n werkwoord, want God is ’n handelende, werkende God, wat optree in die geskiedenis en ook vir sy mense opstaan.

Wonderlik dat ons Hom op sy Naam mag ken en aanroep!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.