… toe die opsigters van die farao af by hulle kom, sê hulle vir Moses en Aäron: “Mag die Here julle straf omdat julle ons naam sleg gemaak het by die farao …” (vers 20-21)

Geloof is nie eenvoudig nie. Nie alles wat ’n mens met entoesiasme in die Naam van die Here aanpak, loop seepglad nie. Dit is ongelukkig ’n feit dat God se werk deur Satan en sy trawante in die wiele gery word, soos ons hier baie duidelik sien. Farao sê nie net nee nie. Hy gebruik die eeue-oue taktiek van “verdeel en heers”. En hy slaag uitmuntend. Wat die Israeliete in geloof aangepak het (Eks 4:31), word gou suur toe farao terugslaan. Voor Moses en Aäron hulle oë kon uitvee, word húlle die skurke in die verhaal (5:21).

Dit help om te onthou dat die oorlog wat Satan begin het toe hy teen God in opstand gekom het, ook in ons dag en in ons persoonlike lewens ’n uitwerking het. Daarom kom daar dikwels uit onverwagte oorde teenslae. Jesus het ons immers gewaarsku dat ons dit in die wêreld moeilik sal hê. Tog kan ons moed hou, want Hy het die wêreld klaar oorwin (Joh 16:33). Eks 5 – 12 is ’n bewys daarvan.

image_pdfimage_print

Views: 5

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.