Toe die farao, al sy amptenare en al die Egiptenaars dié nag wakker word, het hulle almal bitterlik aan die huil gegaan, want daar was nie ’n enkele Egiptiese huis sonder ’n sterfgeval nie. (vers 30)

’n Mens kan jou nie eintlik indink in die smart in Egipte nie. In skrille kontras was daar by die Israeliete vreugde en dankbaarheid, want God het hulle gespaar.

Dié plaag was die finale wonder wat die Israeliete uit die farao se greep bevry het. Die paasfees wat dit herdenk, was vir die Jode die fees waarop hulle die totstandkoming van Israel as God se volk gevier het.

Die smart van die Egiptenaars op daardie rampspoedige nag was geweldig, maar dit is niks in vergelyking met die smart wat oor die mensdom gaan kom op die laaste dag, wanneer God sy oordeel oor alle volke gaan voltrek nie. Op daardie dag, so leer die Here Jesus ons, gaan daar ’n gehuil en gekners van die tande wees (Mat 24:51).

Die wonder van God se genade is dat Hy ook vir ons, soos vir die Israeliete van destyds, ’n Paaslam gegee het om die oordeel van ons af te weer en God se toorn by ons te laat verbygaan (Joh 1:29).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.