Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. (1 Kor 2:14)

Ek was al dikwels verstom oor mense se totale onvermoë om dít wat glashelder in die Bybel staan, te verstaan. Dit staan dan daar swart op wit! Paulus verduidelik in vers 14 hoekom dit so is. Ons het die Gees van God se verheldering nodig om die Bybel te kan verstaan en te interpreteer. Sonder die Gees se leiding maak dinge wat vir ’n gelowige vanselfsprekend is, net nie sin nie.
Dit is futiel om met ongelowiges in ’n polimiek betrokke te raak oor die Bybel en die interpretasie daarvan, soos helaas dikwels op sosiale media gebeur. Jy en jou gespreksgenoot gaan eenvoudig nie bymekaar uitkom nie.
Daarom, in plaas daarvan om met iemand te stry oor die Bybel en hoe om dit te verstaan, moet jy eerder bid vir die verheldering van die Gees, vir jou gespreksgenoot, én vir jou. Want die Bybel is die boek van die Gees; dis onder sý leiding en inspirasie geskryf, en dit moet onder sý leiding en verligting gelees word.

image_pdfimage_print

Views: 0

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.