Jy weet tog dat die vreugde van die goddelose van korte duur is, dat die blydskap van die godlose net ’n oomblik duur? (vers 5)

“The good ended happily, and the bad unhappily. That is what fiction means,” skryf Oscar Wilde in “The Importance of Being Earnest”. Ons wil almal hê dis hoe die lewe moet wees, maar Wilde sê dis net in fiksie so. Dis nie hoe die lewe regtig is nie (soos Job in 21:6 e.v. uitspel).
Sofar se basiese denkfout is dat hy die uiteinde van goddelose mense in die hier en nou wil laat gebeur. Dit was ook Asaf se frustrasie in Ps 73, waar hy die voorspoed van die goddelose skets, en sy eie ellende ondanks sy vroom lewe. Talle boeke en artikels is al oor hierdie onderwerp geskryf – hoekom slegte goed goeie mense tref. Dit maak nie vir ons sin nie, en dan dink ons God is onregverdig. Hy behoort mos die goddelose te straf en die goeie mense te seën, soos Sofar redeneer.
Sofar se logiese afleiding is dat Job godloos is, daarom straf God hom. Vir hom is die lewe eenvoudig en duidelik. Dat dit ’n vals afleiding is, is duidelik uit die dood van Jesus, of die lewe van ’n Paulus.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.