Ek dank my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het, want in Hom het God julle in alles ryklik geseƫn, veral in die gawes van woord en kennis. (vers 4-5)
Paulus het ān baie spesiale band met die gemeente in Korinte gehad. Hy was immers die stigter van die gemeente. Nou is dit 3 en ān half jaar later, en dinge het erg begin skeefloop in die gemeente. Daar was faksies en verdeeldheid, onmin en diskriminasie by die Nagmaal, erge onsedelikheid, verwaandheid, selfs hofsake teen medegelowiges …
Paulus is verskriklik ontsteld daaroor. Dit is o.a. ook hoekom hy die brief skryf: om die gemeente aan te praat oor wat verkeerd is.
Maar dĆt is nie die dinge wat vir Paulus voorop staan as hy sy brief begin nie. Sy eerste gedagte is: hulle is die Here sān. Daarom is sy openingswoorde nie ān verwyt of ān vermaning nie. Sy eerste gedagte is dankbaarheid: āEk dank my God altyd oor julle …ā (vers 4).
DĆs hoe ons as gelowiges ook na mekaar moet kyk. Veral in ān tyd waarin daar so baie spanning in die kerk is. Ons behoort tog almal aan die Here.