Dit is die stamme van die seuns van Noag volgens hulle herkoms onder hulle eie nasies. Uit hulle het die nasies oor die aarde versprei na die oorstroming. (vers 32)

Die hele Ou Testament, vanaf Genesis 12, vertel die verhaal van net een enkele volk: die Israeliete. Dit kan ’n mens maklik laat dink dat hulle al is wat vir God belangrik is. Gen 10 wil ons oë daarvoor oopmaak dat God die God van ál die volke op aarde is; nie net van Israel nie.

Net soos die vloed die oordeel van God oor die hele aarde laat versprei het, net so het God se seëninge aan Noag deur sy nageslag oor die hele wêreld versprei. God het uit een mens al die nasies van die aarde gemaak (Hand 17:26).

Hierdie hoofstuk herinner ons dat God oor begaan is oor die hele wêreld. Hoe het Jesus nou weer vir Nikodemus gesê (Joh 3:16)? “So lief het God _die wêreld_ gehad.” In Suid-Afrika met sy baie verskillende etniese groepe is dit goed om te onthou dat ons almal nasate is van dieselfde godvresende voorvader Noag.

image_pdfimage_print

Views: 5

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.