Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. (vers 2)

Paulus sĆŖ al waaroor hy praat, is oor Christus, en Hom as gekruisigde. Christus is God se woord aan ons, God se openbaring, sy geheimenis wat Hy met ons deel (vgl Heb 1:1-3). As jy na Christus kyk en na Hom luister, weet jy wie God is: dat God gekies het om ons, mense, deel van sy agenda te maak; dat Hy ons wil saamneem op ā€™n nuwe pad van oorwinning oor die sonde, van eerbied vir God en liefde vir die naaste.

Waaraan Paulus ons herinner, is dat ons kennis van God ten nouste saamhang met wat ons van Jesus weet en glo. En wat die Gees van God kom doen het en steeds doen, Ć³Ć³k ten nouste met Jesus saamhang. Die Gees kom om ons aan Jesus te bind, sodat ons Jesus beter kan ken, en soos Hy kan dink en word, en soos Hy onsself verloĆ«n, ons kruis opneem en Hom volg (Matt 16:24). Daarom noem Paulus die Gees die Gees van Christus (vers 16).

Dalk moet ons ook, soos Paulus, op Jesus fokus?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.