Toe vra iemand Hom: “Here, is dié wat gered word, maar min?” (vers 23)

Ek vermoed die meeste Christene het al oor dié vraag gewonder, en dan dink jy oor ander om te besluit wie hemel toe gaan en wie dit nie gaan maak nie.
Jesus was nie beïndruk met dié vraag nie, want Hy reageer nogal skerp. Los die ander mense uit en sorg jý liewer dat jou saak met God reg is, is sy antwoord (vers 24). Want, so waarsku Hy, jy kan nie op die geloof-soustrein sit en tot in die hemel ry nie. Jy moet al jou kragte inspan om by die smal deur in te gaan. Saamloop met die stroom (van kerklidmate) is nie genoeg nie, waarsku Hy. Deel van die skare wees gaan nie help dat die Here jou ken nie (vers 26 en 27). Trouens, meelopers loop die gevaar om weggejaag te word!
Jesus se riglyn oor saligmakende geloof is elke keer weer dieselfde: doen wat reg is (vers 27). Doen die wil van sy Vader (Matt 7:21). Hy spel dit mos onmisverstaanbaar uit in Matt 25:31 e.v.
So, fokus op jou eie navolging van Jesus. Dit sal ander aanspoor om dit ook te doen.

image_pdfimage_print

Views: 3

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.