Jesus Christus, die Seun van God, […] is nie “ja” en “nee” tegelyk nie. Hy is die “ja” van God, die “ja” op al die beloftes van God. Daarom is dit ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop “Amen” sê. (vers 19-20)

Dit klink alles mooi, maar partykeer sukkel ’n mens om dit te glo. Partykeer lyk dit nie vir ons of God “ja” sê nie, maar “nee”. Partykeer lyk dit vir jou of God jou vergeet het, of Hy ingesluimer het terwyl jy Hom so bitter nodig het. As die teleurstellings en frustrasies en hartseer oor jou kom, voel dit nie altyd of sy beloftes van sorg en liefde veel werd is nie, voel dit of God se “ja” skielik in ’n “nee” verander het.
Dis juis dán dat ons aan hierdie bewys van God se opregtheid moet vasklou. Dis dán dat ons na Jesus moet kyk, en weet: God ís getrou. God hóú sy woord. Hy het dit tot in die dood en graf gehou. Tóé het Hy nie sy woord gebreek nie. Hoekom sal Hy dit nou doen? Al verstaan ek nie mooi hoe die dinge inmekaarsteek nie; al kan ek nie sien waarheen God met my op pad is nie, kan ek dít weet: God is met my op pad. Hy het sy woord gegee, en ek kan Hom glo.

image_pdfimage_print

Views: 34

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.