Dit was vir my goed om soveel te ly; U het my lief, U het my uit die dood gered; U het al my sondes vergewe. (vers 17)

Die vraag na die sin van lyding is so oud soos die berge self, en steeds ’n relevante een. Dalk het jy in hierdie dae van die pandemie ook al gewonder wat ons van die siekte en al die ellende wat dit meebring, moet maak. Sit God daaragter? Is Hy besig om ons te straf? Of het Hy dalk ’n ander plan waarvan ons nie weet nie?
Ek dink dis veilig om te sê dis nie God wat koning Hiskia siek gemaak het nie (dan sou dit so gestaan het). Wat wel duidelik is, is dat God intens betrokke was by sy siekte en genesing. Daarop sê Hiskia dat dit vir hom goed was, al het hy baie swaar gekry.
Dís uiteindelik die meeste wat ons van lyding kan sê. Dit kom nie van God af nie. Dis deel van hierdie stukkende wêreld waarin ons leef. Maar tog is God betrokke in ons lyding, en gebruik Hy dit om ons geestelik te laat groei (kyk gerus ook na Rom 8:28).

image_pdfimage_print

Views: 92

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.