Ek self, Paulus – wat glo bedees is wanneer ek by julle teenwoordig is, maar ewe manhaftig teenoor julle wanneer ek afwesig is – doen ’n ernstige beroep op julle, met die sagmoedigheid en vriendelikheid van Christus. (vers 1, 2020-vertaling)

Paulus se trant verander baie in die laaste vier hoofstukke van sy brief. Hy kan dit doen omdat hy nou in sy eie naam skryf en nie namens hom én Timoteus (2 Kor 1:1) nie. Dit is immers hy as persoon wat deur sekere leiers in die gemeente aangeval en verdag gemaak word. Dit is sý integriteit wat op die spel is, en hy praat hier nie soseer met die gemeente nie, as met diegene wat hom aanval.
Dis belangrik om te sien hoe hy homself verdedig. Hy doen dit, soos die Here Jesus, met sagmoedigheid en vriendelikheid. Sagmoedigheid was by uitstek die kenmerk van Jesus se lewe (Matt 11:29 en 21:5). Hier gaan dit nie oor eie eer of selfbelang nie, maar daarom dat jy deur selfverloëning die weg van vrede soek.
Vriendelikheid is groothartigheid teenoor iemand anders, soos die Here Jesus vir ons voorgeleef het (1 Pet 2:21).
Dit bring my by die vraag: hoe handhaaf jy jouself in hierdie stukkende wêreld?

image_pdfimage_print

Views: 28

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.