Hy het my wingerd verwoes, my vyeboom afgebreek, dit kaalgestroop en laat lê; die lote se bas is afgevreet. (vers 7)

Joël beskryf ’n sprinkaanplaag wat niks minder is nie as ’n kolossale ramp. Die skade aan die landbou kring uit en raak uiteindelik alle fasette van die samelewing.
In só ’n tyd van ramp op ramp wonder ’n mens onwillekeurig hoekom dit gebeur. Interessant dat daar in Joël 1 niks oor sonde en afvalligheid gesê word nie. Daar word wel ’n vasdag uitgeroep (vers 14) sodat almal tot die Here kan roep om uitkoms uit die ellende wat oor hulle gekom het.
Wat my opval, is die Here se solidariteit met sy mense. Dis nie net hulle wat swaarkry nie. Die wingerde en vyebome (vers 7) is immers die Here s’n ook. Hy ly saam met sy volk. In ’n tyd soos nou, waarin die pandemie ons almal getref het en die ekonomie geknou het, en die gevolge uitkring tot selfs die gemeentes begin swaarkry, kan ons twee dinge weet:
∙ Die Here is nie afsydig of afwesig nie. Hy treur saam met ons oor die ellende.
∙ Net Hy kan help. Daarom moet ons soos die Jode ons voor Hom verootmoedig en opnuut ons afhanklikheid van Hom erken.

image_pdfimage_print

Views: 43

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.