Hulle sondig openlik soos Sodom, hulle steek niks weg nie. (vers 9)

Jesaja 3 kom uit ’n tyd in Juda se bestaan toe dit baie goed gegaan het. Baie mense het in uitspattige weelde geleef, soos vers 16-23 uitspel. Die mense het nie net pronkerig geleef nie, maar ook sonder God. Hulle gewete was totaal toegeskroei. Die sonde het hulle nie eers gepla nie. Dat hulle rykdom ten koste van die armes ingekom het (vers 14-15), wat skynbaar in orde.
Maar God laat Hom nie so maklik eenkant toe stoot nie. As jy dink jy kan sonder God en sy gebod klaarkom, maar jy ’n baie groot fout. Daarom voorsien Jesaja ’n tyd dat die hele samelewing inplof.
Dit het inderdaad ’n eeu later gebeur toe Nebukadnesar se gevegsmag Jerusalem letterlik met die grond gelyk gemaak het en al die vooraanstaandes in ballingskap weggevoer het. Klaarblyklik het niemand wat saak maak, Jesaja se stem ernstig opgeneem nie.
Die Spreuke-digter (o.a. Spr 1:7) sê (2020-vertaling): “Ontsag vir die Here is die begin van kennis; wysheid en vermaning – net sotte verag dit.” Daar is net een manier om te leef, en dit is in diepe ootmoed en ontsag voor God. Ook al dink almal om jou jy is van lotjie getik.

image_pdfimage_print

Views: 108

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.