Daar sal ’n skuiling wees, ’n skaduwee teen die hitte bedags, ’n skuilplek en toevlug teen stortbuie en reën. (vers 6)

Ná die striemende woorde van Jesaja 3 is hierdie hoofstuk ’n lafenis. God oordeel nie net nie. By Hom is daar altyd hoop, uitsig, ’n toekoms. Dís wat Jesaja vir sy hoorders meedeel. Soos Israel destyds met die uittog verseker is van God se besondere sorg en leiding deur die wolkkolom bedags en die vuurkolom snags (Eks 13:21), so sal Hy ook sy volk wat ná die oordeel oorgebly het, beskerm. Sy magtige teenwoordigheid sal alles beskut (vers 5).
Dis goed dat ek en jy dit hoor en bedink; ons wat al só platgeslaan is deur wat om ons aangaan, en dikwels ook terneergedruk oor die sonde binne ons. Die Here reinig ons en noem ons heilig (vers 4 en 3). Dít is wie ons in God se teenwoordigheid is.
Bedink dit. Omhels dit. Glo dit. Leef dit. Dit is die weelde en troos van die evangelie.

image_pdfimage_print

Views: 158

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.