Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus. (vers 11)

Hoe jy dink oor jouself bepaal hoe jy optree. Daarom dat Paulus oor en oor die woordjie weet gebruik (vers 3,6,9). As jy nie weet dat Christus die sonde oorwin het nie, sal jy die sonde steeds as jou slawedrywer beskou en glo die sonde is te sterk vir jou. Om agter Jesus aan te loop, om ’n kind van God te wees, vra dat ons moet weet Wie Jesus is, en wat ons in Hom ontvang het.
Geloof is egter nie net ’n kwessie van weet nie. Dis ook ’n kwessie van doelbewus instel. Daarom praat Paulus in vers 11 van onthou. Dink daaraan. Maak dit deel van wie jy is, van hoe jy oor jouself dink.
En dan, sê hy in vers 13, moet ons onsself in diens stel as mense wat gesterf vir die sonde het, maar nou met Christus lewend gemaak is.
Die navolg van Jesus vra dat ons sal weet wie ons in Jesus as gedooptes is, dat ons dit sal bedink elke dag, en dat ons dan sal begin om God te dien met ons alles.

image_pdfimage_print

Views: 16

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.