Wolwe en skape sal dan saam bly, luiperds sal tussen bokkies lê, kalwers, leeus en voerbeeste sal bymekaar wees en klein seuntjies sal vir almal sorg. (vers 6)

Nie net Assirië gaan tot ’n val kom nie (10:34); ook Juda sal afgekap word. Maar God kan ’n wonderwerk doen – uit die dooie stomp van Isai sal ’n takkie uitspruit wat weer vrug sal dra, sê Jesaja. God gaan ’n nuwe, volmaakte koning uit die nageslag van Dawid laat opstaan.
Die nuwe Koning bring ’n volmaakte vredesryk tot stand, waarin daar harmonie is tussen God en mens, mense onderling en mens en skepping. Alles sal nuut wees. Natuurlike vyande sal in God se nuwe vredesryk in harmonie saamwoon.
Wanneer God nuut begin met mense, vind ’n wonderwerk plaas. Alles verander. Harmonie kom tot stand. Die hele aarde sal so vol wees van die kennis van die Here soos die see vol water is (vers 9).
In die Here Jesus het dié Ryk aangebreek (Mark 1:15). Hoewel dit ’n stukkende wêreld is, ervaar baie mense reeds iets van sy herskepping, sy heelmaak, sy vrede. Moenie vaskyk teen die menslike gebreke nie. Kyk na Jesus. Hy nooi jou om deel te word van die herskepping van die gebroke wêreld na ’n herstelde wêreld.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.