Gideon sê toe: “Hulle was my eie broers. So seker as die Here leef, ek sou julle laat bly lewe het as julle hulle nie vermoor het nie.” (vers 19)

Terwyl die Gideon-verhaal tot by hoofstuk 7 eintlik die verhaal van God se redding en voorsiening was, breek daar nou ’n nuwe hoofstuk in Gideon se lewe aan. Sy veldtog teen Sebag en Salmunna neem hom tot ver buite Israel se grense. Dit was nie in opdrag van die Here nie. Dit het oor wraak gegaan, want Sebag en Salmunna was verantwoordelik vir die dood van sy broers. Maar ook die mense van Sukkot en Pniël word doodgemaak.
So kry Gideon se oorwinning ’n slegte na-smaak. Sy vertroue en afhanklikheid van God het plek gemaak vir selfvertroue en eiesinnigheid. Met die goue efod (’n kultiese voorwerp waarmee God geraadpleeg is) lei hy sy mense tot ’n nuwe laagtepunt in afvalligheid. Hulle is wel van Midian verlos, maar nie van hulle ontrou aan die Here nie.
Spreuke 3:5-6 het goeie raad wat Gideon ongelukkig nie ter harte geneem het nie: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”

image_pdfimage_print

Views: 13

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.