In daardie tyd het die Here vir Jesaja seun van Amos gesê: Trek jou klere uit en ook jou skoene.
Jesaja het dit gedoen: hy het sonder klere en sonder skoene rondgeloop. (vers 2)

Hierdie opdrag van God kom in ’n tyd toe die wêreldpolitiek baie deurmekaar was. Die Etiopiër Sabako het in Egipte koning geword in 715vC. Verskeie koninkryke in Palestina het toe met Egipte saamgesweer om die mag van Assirië te breek, met Asdod die sentrum van dié weerstand. Toe Assirië Asdod aanval, was daar geen teken van hulp uit Egipte nie.
Jesaja moes vir drie jaar soos iemand wat as balling weggevoer word, rondloop as lewende waarskuwing van God dat hulle wat hulle hoop op enige iemand of iets behalwe God plaas, bedroë daarvan sal afkom. Een of ander tyd sal dié keuse jou inhaal.
’n Mens kan jou net verwonder aan die profeet se gehoorsaamheid. Drie jaar van ontbering en die spot van mense was verskriklik, maar tog doen hy dit omdat God dit vra. Gehoorsaamheid aan God se bevel is immers die lewenswyse van ’n gelowige, soos Samuel jare vroeër vir Saul gesê het (1 Sam 15:22).

image_pdfimage_print

Views: 156

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.