Die volmaan sal dof word wanneer die Here die Almagtige op Sionsberg en in Jerusalem as Koning sal heers en sy mag laat blyk voor die leiers van sy volk. (vers 23)

Jesaja beskryf hier die verskriklike gevolge van die mens se sonde en opstand teen God (vers 5-6). Wanneer God ingryp, sal niemand kan ontkom nie (vers 2, 18). Die beskrywing van totale vernietiging herinner baie aan die sondvloed. Ons kry dieselfde soort beskrywing oor die verskrikking van Dag van die Here ook op ander plekke (Matt 24, Mark 13, Open 6 tot 19).
Sonde het vernietigende gevolge, nie net vir die sondaar nie, maar vir die samelewing en die ekologie. Daarom, wanneer die Here ingryp, is die blydskap onder gelowiges (vers 14-16a) verstaanbaar. Tog is die reaksie van Jesaja (vers 16b) opvallend. Hy kwyn weg oor die hartverskeurende gevolge vir die mense van die aarde en vir die aarde self, soos die Here Jesus gehuil het oor Jerusalem (Luk 19:41-44). Dit pas ’n gelowige nie om jou te verlekker oor die lot van goddeloses nie.
Die hoofstuk sluit af met ’n visioen waar God tussen sy mense woon in skitterende lig, sodat selfs die lig van die volmaan daarin verdof (vers 23).
Kom, Here Jesus, ja, kom haastig!

image_pdfimage_print

Views: 39

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.