Dié uit u volk wat gesterf het, sal weer lewe, Here, hulle sal opstaan. Word wakker en juig, julle wat in die doderyk is! Soos die dou lewe gee, gee u krag lewe, Here, die aarde sal hulle wat lankal gesterf het, lewend teruggee. (vers 19)
Hierdie teks is een van die paar gedeeltes in die Ou Testament wat ’n perspektief op die opstanding van die dode verskaf (Job 19:25-27, Ps 73:23-28 en veral Dan 12:2). In die Nuwe Testament, veral in 1 Kor 15, word hierdie verwagting verder uitgespel.
Die hemelse Koning regeer nie net nie, Hy sorg ook vir sy onderdane. Die oorblyfsel is min. Maar wanneer God hulle verlos, word hulle meer en brei hulle landsgrense weer uit (vers 15). In ons nood kan ons na God vlug (vers 16). Voor Hom ontdek jy dat jy self bankrot is (vers 17-18). Maar God kan ’n wonder laat gebeur en nuwe lewe skenk. Soos die dou lewe gee, so skenk God aan sy kinders nuwe lewe. God sorg vir sy kinders, deur alle gevare heen, selfs ten spyte van die dood. Dit is ons hoop. Daaraan kan ek en jy vashou.
Views: 26
Dankie Jaco, geseënde dag vir jou en gesin. Het vanoggend die weeklikse opening gehou by die apteek waar ek betrokke is as konsultant. Hulle maak slegs gesondheidsmiddele, kapsules, rome en veral inspuitings soos wat die behoeftes van dokters en aptekers deurgegee word. Landswyd baie groot behoefte. Ons gebed is van die begin dat elke stukkie medisyne tot seën vir pasiënte sal wees sodat hulle gesond kan bly tot getuienis vir God se Koninkryk.
Ek moet dit in Engels aanbied twv sekere personeel. ALMAL is uitgesproke kinders vd Here uit genade!!
Sjoe, dankie vir hierdie mooi getuienis!