So sal dit wees totdat die Gees van Bo af op ons uitgestort word. Dan word die woestyn ’n vrugteboord en word die vrugteboord so dig dat dit vir ’n bos aangesien word. (vers 15)

Wanneer God deur sy Gees helend en herstellend in die wêreld werk, kan selfs die mees korrupte samelewing verander en kan die staatsamptenare waarlik dienaars van die mense word soos hulle moet (vers 1-2).
’n Mens lees hierdie hoofstuk en sug, want dit is nie ons ondervinding nie. Sal dit ooit in ons tyd gebeur? Sal wet en orde en reg en geregtigheid ooit aanbreek? Kan eerbaarheid en integriteit inderdaad in die land herstel word? Sal daar ’n tyd kom wanneer ’n skurk as ’n skurk gebrandmerk sal word en nie wegkom met skelmstreke nie (vers 5)? Of moet ons wag tot die nuwe hemel en die nuwe aarde kom?
Ja, dit sál aanbreek, verseker Jesaja ons. Want waar God werk, gebeur dit. Maar dan moet ek en jy toelaat dat die herskeppende teenwoordigheid van die Gees ook óns lewens aanraak. Dan word ek en jy nuttige werktuie in God se koninkryk.

image_pdfimage_print

Views: 34

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.