So is Joas dood. Hy is in die Dawidstad begrawe, maar nie in ’n koningsgraf nie. (2 Kron 24:25)

Die verhaal van koning Joas is tragies. Hy het so goed begin. Hy het vir die grootste deel van sy regeertyd al die regte dinge gedoen. Hy het hom met passie vir die werk van die Here beywer, en het die tempel in al sy glorie herstel ná die verwaarlosing en aftakeling onder Atalia se bewind.
Die geheim van sy vroeëre goeie regering is grotendeels toe te skryf aan die leiding wat hy by sy peetpa en oom, die priester Jojada, gekry het. Toe dié se invloed na sy dood weggeval het, het Joas nie geweet hoe om die leemte te vul nie. Die leiers van Juda, wat teruggehunker het na die afgodsdiens van Baäl, het hulle kans waargeneem en hom weggelok van sy ou weë.
Joas se laaste jare het ’n streep getrek deur ’n betekenisvolle koningskap. Sy eie mense het dit so beleef (vers 25).
Ons lees ongelukkig vandag steeds van Joasse. Teologiese dosente, predikante en ander wat op ’n stadium met ywer die saak van die Here gedien het, maar dan hulle geloof los en post-Christelik word.
Daarom: waardeer jou mentors. Wees ’n mentor. En volhard (Heb 3:14).

image_pdfimage_print

Views: 9

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.