Wat sê die Skrif? “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek.” (4:3)
Paulus doen baie moeite in hierdie hoofstuk om te sê dat dit nie jou goeie dade is nie, maar jou geloof wat jou heil verseker (vers 5). Jak 2:24 sê egter dat jy nie net deur geloof nie, maar op grond van jou dade vrygespreek word: “Julle sien dus dat ’n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie net op grond van sy geloof nie.” Geloof sonder dade is dood, sê hy in vers 26.
Die Bybellennium gebruik ’n beeld om die rol van dade in ons geloofslewe te verduidelik. As jy ’n artikel koop en tuis sien dis nie 100% reg nie, gee jy dit terug of ruil dit om. As dit egter ’n geskenk is wat jou kind vir jou gemaak het, en dis nie heeltemal perfek nie, gee jy dit nie terug nie. Jy aanvaar dit met blydskap, gebreke en al, want jou kind het dit gemaak. So is ons goeie werke ook. Dis nie aanvaarbaar vir God as ons daarmee sy guns wil koop nie, maar as ons dit in liefde en dankbaarheid doen, ontvang Hy dit in die gesindheid waarmee jy dit gedoen het.
Views: 13