Wees ons genadig, Here, ons vestig ons hoop op U. Wees elke nuwe dag ons krag, ons redding in tyd van nood. (vers 2)

Koning Sanherib van Assirië se magte het in 701vC die stede van Juda een na die ander verower. Koning Hiskia het ’n groot bedrag betaal om te keer dat hulle Jerusalem ook aanval (2 Kon 18:14). Sanherib het egter die ooreenkoms verbreek en ondanks die afkoopsom Jerusalem beleër (vers 1 en 8).
Jes 33 is enersyds ’n profesie oor Sanherib se ondergang, maar ook andersyds ’n verwoording van die Godsvolk se noodroep na die Here om uitkoms. Jesaja kyk nie net na die onmiddellike verlossing van Jerusalem nie, maar ook verder, na die Messiaanse Ryk wat sal kom, waar almal in vrede veilig sal kan woon (vers 17-24).
Geloof in God bring nie noodwendig onmiddellik die uitkoms waarvoor ons vra nie. Geloof in God hou die hoop in jou lewend dat die uitkoms op pad is; dat God regeer en sal sorg, ten spyte van wat om jou gebeur. Dis met dié geloof dat ons in ’n tyd van nood die kop kan optel. Hy is elke nuwe dag ons krag!

image_pdfimage_print

Views: 85

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.