Na ’n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra. (vers 19)
Jesus kom eendag weer om van ons, sy volgelinge, rekenskap te eis. Die vraag wat Hy gaan vra, is dít: Wat het jy met God se liefde gemaak?
Jesus waarsku dat nie almal wat deel is van die kerk, die paal sal haal nie. Daar sal op die laaste dag ook mense wees aan wie die skat van die koninkryk toevertrou is, wat dan sal hoor: “Jy is ’n slegte en lui slaaf!”
Die derde slaaf is ten volle deel van die eienaar se huishouding. Net soos die ander twee het hy ook ’n verantwoordelikheid, al verskil dit van dié van die ander. Hy weier nie om sy muntstuk te ontvang nie. Hy vermors nie die geld nie. Hy is nie ’n bose slaaf nie, net maar ’n doodgewone mens wat nie juis iets gedoen het nie, en wegkruip agter flou verskonings. Presies dit was die probleem: op die ou end het hy niks gedoen nie.
Wat die Here in dié gelykenis doen, is om ’n spieël voor ons te kom ophang, en ons moet in dié spieël kyk waar ons onsself herken. Watter een van die slawe is jy?
Views: 15