Toe hulle van die opstanding uit die dood hoor, het party hom uitgelag, maar party het gesê: “Ons sal jou weer hieroor wil hoor.” (Hand 17:32)

Mense vandag praat graag met jou oor God en geloof, net soos die Atheners van destyds, maar meestal nie omdat hulle na God soek nie; eerder omdat hulle opgehou soek het en nou probeer om dié wat nie soos hulle ophou glo het nie, af te maak as naïef. Daarmee ontken hulle iets waarmee ons almal geskape is. Paulus sê dit in vers 27: “God het (ons) gemaak om Hom te soek …” Laat ons dit nie vergeet as ons met ongelowiges praat oor die hoop wat in ons lewe nie: hulle soek God, al wil hulle dit nie eers aan hulleself erken nie.
Die vraag is nou: hoe bring jy iemand wat nie glo nie, by God uit? Redenasies en argumente en bewyse beïndruk ongelowiges nie (vers 32).
Een van die foute wat ons maak, is dat ons meen ons moet mense oortuig. Dis nie ons werk nie; dis die Heilige Gees se werk. Ons kan hoogstens getuig van wat God vir ons beteken, van die vreugde en die hoop en die vrede wat ons in Christus het. Dis al.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.