Ter wille van my Naam bedwing Ek my toorn, ter wille van my eer tree Ek nie op teen julle nie dat julle nie vernietig word nie. (vers 9)

Wanneer God na sy mense kyk, is daar baie wat Hom ontstel: hulle aanbid Hom nie eerlik en opreg nie (vers 1); hulle is hardkoppig en weerbarstig (vers 4); van geboorte af is hulle al oortreders (vers 8).
Ek wonder dikwels wat God sien as Hy na óns kyk. Dieselfde, en nog meer? Beslis. Ons het immers nie die sondeval vrygespring nie (al is daar deesdae mense wat beweer die sondeval is sommer nonsens); ons is van ons geboorte af met sonde belaai, soos Dawid in Ps 51:7 bely.
En tog, te midde van die verdoemende uitspraak van God oor Israel staan in vers 9: “Ek tree nie op teen julle dat julle vernietig word nie.” Dís genade. Onverdiende guns. God spaar ons, nie oor wie óns is nie, maar oor wie Hý is: “Ter wille van Myself en daarom alleen,” sê Hy in vers 11.
Ek weet nie van jou nie, maar ek staan verstom oor wie God is, en is vervul met verwondering en dankbaarheid.

image_pdfimage_print

Views: 92

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.