Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie; Ek maak jou ’n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik. (vers 6)
God se plan met sy dienaar Israel was tweërlei: hulle moes na hulle eie mense omsien en die afgedwaaldes terugbring, en hulle moes ’n lig vir die nasies wees. Dié taak het Israel nie regtig reggekry nie, en uiteindelik stuur God sy Seun om die werk as Dienaar van die Here te kom doen. Later dra die Here Jesus dié taak aan ons op as Hy in Joh 20:21 sê: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”
Ons dink dikwels dat ons nie opgewasse is vir dié taak nie. Ons is immers gebroke sondaars. Maar juis in ons gebrokenheid klink ons getuienis die helderste (vers 7). En buitendien doen ons dit nie in eie krag nie. “Ek sal jou help. Ek sal jou beskerm,” verseker die Here ons (vers 8). Jou naam is op sy handpalms gegraveer (vers 16). Jy kán nie sy aandag ontglip nie!
Views: 64
Alle dank aan ons Vader God vir Sy liefde en redding dmv die grootste opoffering van die kruisdood van Jesus Christus sodat ons kan leef met die hoop en vertroue op ewige vrede. Dank aan God dat Hy ons daagliks krag skenk om beskerm. Seënwense aan alle Christene en gebede vir die redding van verlorenes. Amen. Prys God.