Dan tref God hulle met ’n pyl, en meteens is hulle daarmee heen: hulle eie tonge het hulle tot ’n val gebring! (vers 8-9)

Ek wonder dikwels of mense wat skinder of ander bespreek, besef waarmee hulle besig is. Dalk dink hulle dis maar net ’n onskuldige ou geselsie en deel van ’n lekker kuier; dit is nie. Skinder en los praatjies word uit die hel aangesteek, sê die Woord in Jak 3:6. Dit is karaktermoord. Enige iemand wat al die slagoffer van ’n geskinder is, sal dit kan beaam. Dis hoekom Dawid ’n geskinder “bose planne” noem (vers 6).
God is nogal ernstig oor dié saak. Daarom wy Hy selfs een van die tien gebooie hieraan: “Jy mag nie vals getuig teen jou naaste nie,” lui die negende gebod (Eks 20:16, 2020-vertaling). Dawid sê in vers 8 God tref sulke mense, en meteens is hulle daarmee heen.
As jy die slagoffer van ’n geskinder is, kan jy met vrymoedigheid by God gaan skuil, soos Dawid ons aanmoedig in vers 11. In Hom is daar geborgenheid, en by Hom sal jy nuwe blydskap beleef.

image_pdfimage_print

Views: 12

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.