Omdat ek op U vertrou, word ek beledig en verkleineer. (vers 8)

Die situasie wat die digter van hierdie psalm skets, is gelukkig vir die meeste van ons onbekend. Die digter word verguis en verag en beledig omdat hy ’n gelowige is wat sy vertroue in God stel.
In ons land is dit meestal nog veilig om gelowige te wees. Mense respekteer ander se geloof. Baie mense aanvaar dat jy ’n Christen is, en hulle ook, wat ’n veilige omgewing skep om op te staan vir wat jy glo. Ek vertrou jy doen dit!
Maar dis nie oral so nie. Daar is lande en omgewings waar Christen-wees nie meer die norm is nie; waar jy die “odd one out” is as jy ’n Christen is, waar openlik of agteraf op jou neergesien word. Daar is ook werkplekke in ons land waar dit die geval is, en jy subtiel of minder subtiel uitgestoot word net omdat jy glo.
Vir sulke situasies help Psalm 69. Wanneer die water van aanvegting om jou styg, is daar net een raad: gee jouself oor aan God se beskikking en beskerming (vers 14). Dan sal jy nie in selfbejammering sink nie, want God hou jou staande.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.