Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat dié wat op u hulp staat maak, altyddeur sê: God is groot! (vers 5)
Dit is duidelik dat die digter van dié psalm diep in die nood is. Hy begin met ’n roep om hulp (vers2), want daar is mense wat sy dood soek (vers 3). Aan die einde van die psalm sê hy hy is hulpeloos en arm, en hy het dringend God se hulp nodig (vers 6).
Baie van ons kan met sy situasie identifiseer. Ons lewens word dalk nie letterlik bedreig nie, maar op ander maniere word ons tog die slagoffer van mense se haat – ’n skinderveldtog wat jou met leuens beswadder, ’n vals aanklag by die werk … Alles vorme van karaktermoord.
Wat doen jy dan? Die digter vergeld nie kwaad met kwaad nie. Hy vlug na God en pleit dat God sy saak sal behartig. Dit is ook ons enigste verweer teen kwaadwillige mense. Ons soek ons hulp by God, en Hy, wat groot is, sal só help dat ook jy oor Hom kan jubel en bly wees. Hy het immers in die Here Jesus tot by ons gekom.
Views: 2