Hy sal die arme red wat om hulp roep, die verdrukte en dié wat geen helper het nie… (vers 12-13)

Saam met koning Salomo bid ons ook: “Laat u Naam geheilig word” (vers 19), “laat u koninkryk kom” (vers 7), “laat u wil geskied” (vers 1). Maar ek dink, anders as Salomo, is ons nie altyd so ywerig om God se antwoord op dié gebed te omhels nie. Ons wil graag die antwoord sien in die vernietiging van die Bose, in vrede en rus om ons, en dat mense die Here sal ken, en ons rustig ons gang kan gaan.
Natuurlik ís dit deel van die antwoord. Maar ons kyk mis dat God se koninkryk ook dáár kom waar sy onderdane – koning Salomo, en ek en jy – soos Hy ’n hart het vir die verdruktes, die armes, die eensames, die siekes, die verstotenes, die vreemdelinge. Vir die mense wat verlore gaan omdat hulle sonder hoop en sonder God leef en sterwe (Efes 2:12). God se koninkryk kom ook dáár waar dit nie net om die regte van die indiwidu gaan nie, maar waar mense, ’n volk, ’n gemeenskap, ’n kerk die sug van die arme en die ellendige hoor en daarop reageer.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.