Die woorde van Amos, een van die herders uit Tekoa – woorde wat aan hom geopenbaar is oor Israel. (vers 1, 2020-vertaling)

Ons weet niks van Amos buiten wat in dié boek staan nie: hy was van Juda; ’n veeboer (vers 1) uit Tekoa, ’n dorp sowat 15 km suid van Jerusalem. Hy het ook met wilde vye geboer (7:14). Die taal en poësie wat hy gebruik, laat ’n mens vermoed dat hy ’n opgevoede man was; nie ’n eenvoudige herder soos die 2020-vertaling ons laat dink nie.
Amos kom nie uit een of ander bekende familie nie. Hy was ook nie ’n geestelike leier nie. Hy was ’n gewone boer, soos talle ander veeboere van sy tyd (“een van die herders”). En tog word hý die instrument wat die Here gebruik om na Bet-El in die Noordelike Ryk te reis om daar God se woorde bekend te maak.
Dit was nie sommer-so woorde nie; dit was die gebrul van God uit Sion. In 3:8 sê hy die leeu het gebrul, wie sal nie as profeet optree nie? Hierin lê die geheim van Amos se optrede: God het beslag op sy lewe gelê, en hy móés eenvoudig gehoorsaam.
Die Here kan enige iemand gebruik; vir jou ook.

image_pdfimage_print

Hits: 23

Volg en laaik my asb:
onpost_follow
Tweet
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.