Met wie se hulp het jy gepraat? By wie het jy gehoor wat jy gesê het? (26:4)

Dis duidelik uit Bildad se “antwoord” op Job se rede dat hy geensins geluister het wat Job sê nie. Daarom raak Job kwaad en sarkasties oor Bildad se gebabbel, wat net al om die een draai is. CJ Langenhoven het gesê: “Wat ek van Job die meeste bewonder is nie die geduld wat hy onder sy teëspoed betoon het nie, maar dié wat hom gekeer het dat hy sy drie vrinde nie één vir één by die deur uitgeskop het nie.”
Job se vraag in 26:4 impliseer dat Bildad ook nie na God geluister het voordat hy hom kom leer het nie. Later erken Job dit van homself ook (42:3). Ons kan dit gerus ter harte neem. Wanneer ons iemand wil help of raad gee, moet ons seker maak ons doen dit vanuit ons verhouding met God, en dat jy Hom reg gehoor het. Anders kan jou woorde harteloos en selfs brutaal klink, soos Job se vriende se woorde was.
Paulus skryf in Kol 4:6 (2020-vertaling): “Julle woorde moet altyd van goeie smaak getuig, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe om ’n ieder en ’n elk te antwoord.”

image_pdfimage_print

Views: 18

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.