… ek het die hooghartige goddeloses met afguns bejeën toe ek hulle voorspoed sien. (vers 3)

Asaf se probleem was dat hy só op ander gefokus het dat hy dit wat hyself gehad het, misgekyk het. Daarom was hy afgunstig op ander en onvergenoegd met die lewe, en uiteindelik met God. Want dit is mos God wat dié dinge reël, dan nie?
Psalm 73 sê: hou op om jouself met ander te vergelyk. In die woorde van Mark Twain: “Comparison is the death of joy.” Moenie kyk wat ander het nie. Geniet liewer die seëninge wat jyself ontvang.
In die teenwoordigheid van God het Asaf dit besef (vers 17). Toe het hy gesien dat die lewe méér is as net die uiterlike, én meer is as net die tydjie hier op aarde. Hy het in God se teenwoordigheid ’n groter prentjie begin sien en agtergekom dat niks, maar niks, vergelyk kan word met die weelde van aan God behoort nie.
Toe het hy opgehou om hom moeg te maak met wat ander mense het, en het hy begin waardeer wat hyself het, en die seëninge wat hy elke dag uit God se hand ontvang, begin raaksien.

image_pdfimage_print

Views: 33

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.