“As die tyd vir my optrede aanbreek,” sê God, “oordeel Ek regverdig.” (vers 3)
Een van die herhalende temas in die Bybel is God se oordeel. Die Here Jesus het ook dié tema opgeneem in sy profetiese rede oor die laaste oordeel (Matt 25:31-46). In die boek Openbaring kom dit ook voor (14:10; 16:19).
Vir die gelowige wat in nood verkeer, is dit ’n groot troos, want dit sê: God slaap nie! Hy sien as sy kinders bedreig word of swaarkry, en Hy kan, en sal, hulle te hulp snel. En aan die einde van die tyd, wanneer Christus in heerlikheid op die wolke verskyn om oor almal te oordeel, sal die gelowiges die ewige lewe beërwe.
Vir die goddelose is dit ’n baie ernstige waarskuwing. Daar kom ’n dag van afrekening. Hy kan en sal diegene vernietig wat hulle nie aan Hom en sy gesag onderwerp nie.
Die komende oordeel skep hoop in die hart van God se kinders, want hulle weet daar wag ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref. Daarom bid hulle, saam met die kerk van alle eeue: “Kom, Here Jesus, ja, kom haastig!” (vgl. Op 22:20).
Views: 9