In daardie tyd, toe die gelowiges nog steeds meer geword het, het daar teen die Hebreeussprekendes klagtes gekom van die Griekssprekendes dat hulle weduwees in die daaglikse versorging afgeskeep word. (vers 1)

Daar is nie belangrike en onbelangrike mense in die kerk nie. Almal is belangrik. Dit gaan immers in Hand. 6 om weduwees. Hoekom nou so ’n bohaai maak oor ’n klomp ou vrouens wie se lewens min of meer verby is?

As ons die kultuur van destyds verstaan, die plek en status van vroue, is dit nogal merkwaardig. Vroue het destyds eenvoudig nie getel nie. Niemand het hulle aan vroue gesteur of hulle ernstig geneem nie. Boonop was hierdie vroue arm weduwees. Hulle kon nie ’n bydrae lewer tot die gemeente se finansiële posisie nie. So hoekom nou oor húlle traak?

Maar dis nie hoe dit in die kerk gegaan het nie. Die hele gemeente word bymekaar geroep, sodat hulle kan besluit hoe hulle hierdie weduwees kan help. Want elke enkele een in die gemeente is belangrik. Jesus het mos by geleentheid gesê die kindertjies is die belangrikste in die koninkryk: die mense met die minste aansien, die mense waaraan niemand hulle juis steur nie – juis húlle is by God belangrik ( Mark. 10:13-15).

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.